Tophok
© tophok 2023

Welkom by Tophok

Tophok is 'n ordentlike vervaardigde vanghok wat jarelange diens sal lewer. Tophok is so ontwerp dat die dier of kat wat gevang word nie homself kan beseer nie en ook nie kan ontsnap nie agv. ons unieke gepatenteerde vang en sluit meganisme. Verder kan 'n nie-teiken spesie dan ongeskonde vrygelaat of getranslokeer word soos deur natuurbewaring vereis. Tophok is goedgekeur deur natuurbewaring en is ontwerp met die oog op veiligheid vir mens en dier. Die aanbevole hokgetalle is een vir elke 250 ha plaas grote om probleemdiere effektief te beheer. Ons hokke se werking word gewaarborg. Foto’s van die hokke kan onder “Products” gesien word deur die PDF file te download. Video’s kan aan voornemende kopers ge-epos word. Met die aankoop van 'n Tophok ontvang u 'n volledige handleiding wat stel metodes en vang tegnieke wat deur jarelange ondervinding opgebou is, bevat. Tophok is geleë naby Bloemhof Noord Wes.